18 Ek sal vir hulle ’n profeet soos jy laat opstaan uit die midde van hulle broers en Ek sal My woorde in sy mond lê en hy sal aan hulle sê alles wat Ek hom beveel.Yog 5:46; Yog 14:24
19 Dit sal wees dat Ek dit self sal eis van die man wat nie luister, hoor en My woorde doen, wat hy in My Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,
20 maar die profeet wat voorbarig is om ’n woord in My Naam (Karakter en Outoriteit) te praat wat Ek hom nie beveel het om te praat nie, of wat in die naam (karakter en outoriteit) van ander gode praat, dié profeet moet sterf.
21 Jy mag in jou verstand sê: ‘Hoe sal ons die woord ken wat יהוה nie gepraat het nie?’Yeg 33:33 deur voorbarigheid het die profeet dit gesê; jy moenie vir hom bang wees nie.1 Kon 17:24
22 Wanneer ’n profeet in die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה praat en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dít die woord wat יהוה nie gesê het nie;