3 en hy moet vir hulle sê: ‘Luister, Yisra’el, julle trek vandag op om te veg teen julle vyande; laat julle binneste nie sag word nie, moenie bang wees, bewe en vreesbevange voor hulle wees nie,
4 want dit is יהוה, julle God, wat voor julle gaan om te veg teen julle vyande, om julle te bevry.’
5 Die offisiere moet met die mense praat en sê: ‘Watter man is daar wat ’n nuwe huis gebou en dit nie ingewy het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en ’n ander man dit inwy nie.
6 Watter man is daar wat ’n wingerd geplant het en nog nie sy vrugte begin gebruik het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders dit gebruik nie.
7 Watter man is daar wat aan ’n vrou verloof is en haar nog nie by hom gevat het nie? Laat hom teruggaan huis toe dat hy nie in die oorlog sterf en iemand anders haar vat nie.’
8 Die offisiere moet verder met die volk praat en sê: ‘Watter man is daar wat bang en sag in sy binneste is? Laat hom teruggaan huis toe dat die binneste van sy broers nie sag word soos syne nie.’
9 Wanneer die offisiere klaar met die mense gepraat het, moet hulle leër bevelvoerders aan die hoof van die mense aanstel.