10 Wanneer jy in geveg uittrek teen jou vyande en יהוה, jou God, hulle in jou hand gee en jy hulle as gevangenes wegvoer
11 en jy onder die gevangenes ’n vrou sien wat mooi is en jy haar begeer en haar as vrou vir jou wil vat,
12 dan moet jy haar in jou huis inbring en sy moet haar kop skeer en haar naels knip.
13 Sy moet die klere van haar gevangeskap uittrek, in jou huis bly en treur oor haar vader en haar moeder, vir ’n volle maand lank. Daarna kan jy by haar ingaan en haar man wees en sy sal jou vrou wees.
14 Dit sal wees dat as jy nie tevrede is met haar nie, moet jy haar vrylaat, net waar sy wil, maar jy mag haar sekerlik nie vir geld verkoop nie, jy mag haar nie sleg behandel nie omdat jy haar verneder het.
15 As ’n man twee vroue het, een wat hy lief het en een wat hy nie lief het nie en sowel die een wat hy lief het en die een wat hy nie lief het nie gee vir hom geboorte aan seuns en die eersgebore seun behoort aan die vrou wat hy nie lief het nie,
16 dan sal dit wees op die dag as hy sy seuns sy besittings laat erf dat hy nie die seun van die vrou waarvoor hy lief is, die eersgeborene kan maak tot nadeel van die seun van die vrou waarvoor hy nie lief is, wat die eersgeborene is, nie