18 Die oudstes van die stad moet die man vat en hom dissiplineer
19 en hom ’n boete van honderd sikkels silwer oplê en dit aan die vader van die dogter gee omdat hy ’n jongmeisie van Yisra’el openlik beswadder het en sy sal sy vrou bly; hy mag haar nie skei solank as hy lewe nie.
20 As die beskuldiging egter waar is dat die dogter nie ’n maagd bevind is nie,
21 dan moet hulle die dogter na die deur van haar vader se huis uitbring en die manne van haar stad moet haar stenig tot die dood omdat sy ’n skandelike daad in Yisra’el begaan het deur in die huis van haar vader te hoereer. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei.
22 As ’n man betrap word terwyl hy by ’n getroude vrou lê, moet hulle altwee sterf: die man wat by die vrou lê en die vrou. So moet jy dan die bose uit Yisra’el uitroei.
23 As ’n meisie, ’n maagd wat aan ’n man verloof is, deur ’n ander man in die stad gekry word en hy by haar lê,
24 dan moet jy hulle altwee na die poort van die stad uitbring en hulle stenig tot die dood; die meisie omdat sy in die stad nie uitgeskree het nie en die man omdat hy die vrou van sy naaste onteer het. So moet jy dan die bose uit jou midde uitroei,