10 Wanneer jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy nie in sy huis ingaan om sy pand te gaan haal nie.
11 Jy moet buite bly staan en die man aan wie jy die lening maak, moet die pand uitbring na jou toe.
12 As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.
13 Wanneer die son ondergaan moet jy beslis die pand aan hom teruggee sodat hy in sy kleed kan slaap en jou seën en dit sal onpartydige opregtheid vir jou wees voor יהוה, jou God.
14 Jy mag nie ’n gehuurde dienskneg onderdruk wat arm en behoeftig is nie, of hy een van jou landgenote of een van jou vreemdelinge, wat in jou land of in jou dorpe is, is nie.
15 Jy moet hom sy loon gee op die dag self, voordat die son ondergaan, want hy is arm en sy begeerte is daarna sodat hy nie teen jou tot יהוה roep en dit sonde in jou word nie.2 Kon 14:6; Yir 31:30; Yeg 18:20 elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.
16 Vaders mag nie vir die seuns doodgemaak word en seuns mag nie vir die vaders doodgemaak word nie;