6 Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy sou ’n lewe vat as pand.1 Kor 5:13
7 As iemand gevang word wat ’n persoon uit sy landgenote, uit die seuns van Yisra’el, ontvoer, hom geweldadig behandel of hom verkoop, dan moet dié dief sterf. So moet jy die boosheid uit jou midde uitroei.
8 Wees versigtig dat jy noukeurig handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle leer aangaande ’n infeksie van melaatsheid; soos ek hulle beveel het, so moet julle dit versigtig doen.
9 Onthou wat יהוה, jou God, op die pad, toe julle uit Mitzrayim uitgekom het, aan Miryam gedoen het.
10 Wanneer jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy nie in sy huis ingaan om sy pand te gaan haal nie.
11 Jy moet buite bly staan en die man aan wie jy die lening maak, moet die pand uitbring na jou toe.
12 As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.