8 Wees versigtig dat jy noukeurig handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle leer aangaande ’n infeksie van melaatsheid; soos ek hulle beveel het, so moet julle dit versigtig doen.
9 Onthou wat יהוה, jou God, op die pad, toe julle uit Mitzrayim uitgekom het, aan Miryam gedoen het.
10 Wanneer jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy nie in sy huis ingaan om sy pand te gaan haal nie.
11 Jy moet buite bly staan en die man aan wie jy die lening maak, moet die pand uitbring na jou toe.
12 As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.
13 Wanneer die son ondergaan moet jy beslis die pand aan hom teruggee sodat hy in sy kleed kan slaap en jou seën en dit sal onpartydige opregtheid vir jou wees voor יהוה, jou God.
14 Jy mag nie ’n gehuurde dienskneg onderdruk wat arm en behoeftig is nie, of hy een van jou landgenote of een van jou vreemdelinge, wat in jou land of in jou dorpe is, is nie.