1 As daar ’n geskil tussen manne is en hulle gaan hof toe en die regters besluit oor hulle saak en die regverdige word onskuldig verklaar en die bose oortreder veroordeel,
2 dan sal dit wees as die bose oortreder slae verdien dat die regter hom moet laat lê en hom in sy teenwoordigheid moet laat slaan met ’n aantal houe ooreenkomstig sy skuld.
3 Hy mag hom met veertig houe slaan, nie meer nie sodat hy hom nie met baie meer houe as dit slaan en jou broer nie verneder word voor jou oë nie.1 Kor 9:9; 1 Tim 5:18
4 Jy mag ’n os nie muilband terwyl hy graan dors nie.Mat 22:24; Mar 12:19; Luk 20:28