10 Sy naam moet in Yisra’el genoem word: ‘Die huis van hom wie se sandaal verwyder is.’
11 As twee landgenote met mekaar baklei en die een se vrou naderkom om haar man te red uit die hand van die een wat hom slaan en haar hand uitsteek en hom aan die skaamdele gryp,
12 dan moet jy haar hand afkap; jy mag haar nie jammer kry nie.
13 Jy mag nie verskillende weegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.
14 Jy mag nie verskillende mates, ’n grote en ’n kleintjie, in jou huis hê nie.
15 Jy moet ’n vol en korrekte gewig hê; jy moet ’n vol en korrekte maat hê sodat jou dae verleng mag word in die land wat יהוה, jou God, jou gee,
16 want elkeen wat hierdie dinge doen, elkeen wat onregverdig optree, is verwerplik vir יהוה, jou God.