12 dan moet jy haar hand afkap; jy mag haar nie jammer kry nie.
13 Jy mag nie verskillende weegstene, ’n grote en ’n kleintjie, in jou sak hê nie.
14 Jy mag nie verskillende mates, ’n grote en ’n kleintjie, in jou huis hê nie.
15 Jy moet ’n vol en korrekte gewig hê; jy moet ’n vol en korrekte maat hê sodat jou dae verleng mag word in die land wat יהוה, jou God, jou gee,
16 want elkeen wat hierdie dinge doen, elkeen wat onregverdig optree, is verwerplik vir יהוה, jou God.
17 Onthou wat `Amalek op die pad aan jou gedoen het toe jy uitgekom het uit Mitzrayim,
18 hoe hy jou ontmoet het op die pad en by jou die agterhoede, al die swakkes agter jou, aangeval het terwyl jy moeg en saf was en hy God nie gevrees het nie.