4 Jy mag ’n os nie muilband terwyl hy graan dors nie.Mat 22:24; Mar 12:19; Luk 20:28
5 Wanneer broers bymekaar woon en een van hulle sterf sonder ’n seun, dan mag die vrou van die oorledene nie na buite ’n vreemde man s’n word nie; haar man se broer moet by haar ingaan en haar as sy vrou vat en die plig van ’n man se broer vir haar uitvoer.
6 Dit sal wees dat die eersgeborene waaraan sy geboorte gee, die naam van sy oorlede broer moet aanvaar sodat sy naam nie uit Yisra’el uitgevee word nie,
7 maar as die man nie begeer om sy skoonsuster te vat nie, moet sy skoonsuster na die poort opgaan, na die oudstes toe en sê: ‘My swaer weier om sy broer se naam in Yisra’el te vestig; hy is nie gewillig om die plig van ’n man se broer teenoor my na te kom nie.’
8 Dan moet die oudstes van sy stad hom roep en met hom praat en as hy volhard en sê: ‘Ek begeer nie om haar te vat nie,’
9 dan moet sy skoonsuster voor die oë van die oudstes na hom toe kom en sy sandaal van sy voet aftrek, in sy gesig spoeg en verklaar: ‘So word gedoen met die man wat nie die huis van sy broer opbou nie.’
10 Sy naam moet in Yisra’el genoem word: ‘Die huis van hom wie se sandaal verwyder is.’