29 en jy sal op die middag rondtas soos die blinde in die donker rondtas en jou paaie sal nie voorspoedig wees nie, maar jy sal altyddeur net onderdruk en beroof wees, met niemand om jou te red nie.Spr 10:30
30 Jy sal aan ’n vrou verloof raak, maar ’n ander man sal haar onteer. Jy sal ’n huis bou, maar jy sal nie daarin woon nie. Jy sal ’n wingerd plant, maar nie sy vrugte gebruik nie.
31 Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar jy sal nie daarvan eet nie; jou donkie sal van jou weggeskeur word en nie aan jou terugbesorg word nie; jou kleinvee sal aan jou vyande gegee word en daar sal niemand wees om jou te red nie.
32 Jou seuns en jou dogters sal aan ’n ander volk gegee word terwyl jou oë toekyk en voortdurend na hulle verlang, maar daar sal niks wees wat jy kan doen nie.
33 ’n Volk wat jy nie ken nie, sal die lewering van jou grond en al jou werk opeet en jy sal nooit iets anders wees as onderdruk en gebreek nie
34 sodat jy verblind sal word deur die gesig wat jou oë sal sien.
35 יהוה sal jou aan die knieë en aan die bene tref met seer swere waarvan jy nie gesond kan word nie, van jou voetsool af tot by die kroon van jou kop.