1 Daarna het ons weggedraai en op die pad na Bashan opgetrek en `Og, die koning van Bashan, het teen ons uitgekom, hy en al sy mense, om by Edre’i te veg.
2 יהוה het vir my gesê: “Moenie vir hom bang wees nie, want Ek het hom, al sy mense en sy land in jou hand gegee. Jy sal met hom doen soos jy gedoen het met Sigon, die koning van die Emoriete, wat in Heshbon gebly het.”
3 So het יהוה, ons God, ook vir `Og, die koning van Bashan en al sy mense in ons hand oorgegee sodat ons hom verslaan het totdat daar van hom geen oorlewendes oor was nie.
4 Ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen stad wat ons nie van hulle afgeneem het nie: sestig stede, die hele Argov landstreek, die koninkryk van `Og, in Bashan.
5 Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte en grendels en nog ’n groot menigte ongemuurde dorpies.
6 Ons het hulle volledig vernietig soos ons met Sigon, die koning van Heshbon, gedoen het, deur elke man, vrou en kind in elke stad geheel en al te vernietig
7 en al die vee en die buit van die stede het ons vir onsself gebuit.