1 Moshe het gegaan en hierdie woorde met die hele Yisra’el gedeel
2 en vir hulle gesê: “Ek is vandag honderd-en-twintig jaar oud; ek is nie langer in staat om te kom of te gaan nie en יהוה het vir my gesê: ‘Jy sal nie oor hierdie Yarden gaan nie.’
3 Dit is יהוה, jou God, wat voor jou sal oorgaan; Hy sal hierdie nasies voor jou uit vernietig en jy sal hulle onteien. Y’hoshua is die een wat voor julle sal oorgaan, net soos יהוה gesê het.
4 יהוה sal met hulle doen soos Hy met Sigon en met `Og, die konings van die Emoriete en met hulle land gedoen het, toe Hy hulle vernietig het.