1 Hierdie is die seën waarmee Moshe, die man van God, die seuns van Yisra’el geseën het voor sy dood.
2 Hy het gesê: “יהוה het vanaf Sinai gekom en geskyn oor ons vanaf Se’ir; Hy het opgestaan vanaf die berg Pa’ran en gekom met tien duisende afgesonderdes aan Sy regterhand.
3 Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.
4 Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.