12 Van Binyamin het hy gesê: “Mag die een waarvoor יהוה lief is, veilig by Hom loop, wat die hele dag ’n skild om hom sit en woon tussen Sy skouers.”
13 Van Yosef het hy gesê: “Laat sy land geseënd wees deur יהוה met die keur van die hemel, met die dou en vanuit die diep wat onder lê,
14 met die keur wat deur die son voortgebring word, met die keur lewering van die maande,
15 met die beste dinge van die antieke berge, met die keur van die ewige heuwels,
16 met die beste dinge van die aarde en sy volheid en die guns van Hom wat in die bos gebly het. Laat dit kom op die kop van Yosef en op die kroon van die een wat uitgestaan het onder sy broers.
17 Soos die eersgeborene van sy stier is majesteit syne en sy horings is die horings van die wilde bul (Aurogs); daarmee sal hy die volke stoot, almal gelyk, na die eindes van die aarde. Hulle is die tien duisende van Efrayim en dit is die duisende van M’nasheh!”
18 Van Z’vulun het hy gesê: “Verheug jou, Z’vulun, as jy uitgaan en Yissakhar, in jou tente.