3 Inderdaad, Hy het in hulle behoeftes voorsien en hulle geliefd gemaak onder die nasies. Hy het al Sy afgesonderdes geseën en hulle het naby, in U voetspore, gevolg; elkeen het U boodskappe ontvang.
4 Moshe het aan ons die wet oorgedra, ’n besitting vir die vergadering van Ya’akov.
5 Hy is koning in Yeshurun, toe die hoofde van die volk bymekaargekom het, die stamme van Yisra’el saam.
6 Mag Re’uven leef en nie sterf nie en sy manne ook nie min wees nie.”
7 Hierdie is die seën vir Y’hudah: “Hoor, O יהוה, die stem van Y’hudah en bring hom naby sy mense; met sy hande het hy vir hulle baklei en mag U vir hom ’n Hulp wees teen sy teëstanders.”
8 Van Levi het hy gesê: “Laat U afsondering en U lig behoort aan die regverdige een, wat U bewys het deur toetsinge en wat U getoets het by die waters van M’rivah;
9 wat van sy vader en sy moeder gesê het: ‘Ek het hulle nie in ag geneem nie’ en sy broers nie erken het en sy seuns nie geag het nie, want hulle het U woord bewaar en U verbond gehou.Yeg 44:23 Hulle sal reukwerk voor U plaas as U kwaad is en heel brandoffers op U altaar.