1 Moshe het opgegaan uit die vlaktes van Mo’av na die berg N’vo, na die top van Pisgah, wat oorkant Yerigo lê en יהוה het hom die hele land, van Gil’ad tot so ver as Dan laat sien,
2 die hele Naftali, die land van Efrayim en M’nasheh en die hele land van Y’hudah tot by die Westelike See,
3 die Negev (Suidland) en die vlakte in die vallei van Yerigo, die Palmstad, tot by Zoar.
4 Toe sê יהוה vir hom: “Hierdie is die land wat Ek aan Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het met die woorde: ‘Ek sal dit aan jou nageslag gee;’ Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal nie daarheen gaan nie.”
5 Moshe, die dienskneg van יהוה, het daar gesterf, in die land van Mo’av, volgens die woord van יהוה.
6 Hy het hom in die vallei, in die land van Mo’av, oorkant Beit-P’or, begrawe, maar niemand ken die plek waar hy begrawe is, tot vandag toe nie.