1 Luister nou, Yisra’el, na die reëls en die wette wat ek julle leer om te doen sodat julle mag lewe en ingaan en die land wat יהוה, die God van julle vaders, aan julle gee, in besit neem.Mat 5:17-19
2 Julle mag by die boodskap wat ek julle beveel, niks byvoeg nie en ook niks wegvat nie, om die opdragte van יהוה, julle God, te onderhou, wat ek julle beveel.
3 Julle oë het gesien wat יהוה in die geval van Ba’al-P’or gedoen het, want יהוה, jou God, het al die manne wat agter Ba’al-P’or aangeloop het, onder julle uit vernietig,
4 maar julle wat aan יהוה, julle God, vasgehou het, lewe vandag nog almal.
5 Let op, ek het vir julle reëls en wette geleer, net soos יהוה, my God, my beveel het, vir julle om so te doen in die land waarheen julle gaan, om dit te besit.
6 Bewaar en doen hulle, want dit is julle wysheid en julle begrip voor die oë van die mense wat al hierdie reëls sal hoor en sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en begripvolle volk,’