10 Onthou die dag toe jy voor יהוה, jou God, by Horev gestaan het en יהוה vir my gesê het: ‘Vergader die volk by My sodat Ek hulle My boodskappe kan laat hoor sodat hulle kan leer om My respekvol te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe en hulle hul kinders kan leer.’
11 Julle het nader gekom en by die voet van die berg gaan staan en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemele, met duisternis, wolke en dik somberheid
12 en יהוה het met julle vanuit die middel van die vuur gepraat; julle het die klank van die woorde gehoor, maar geen vorm gesien nie, net ’n Stem.
13 Hy het vir julle Sy verbond aangekondig, wat Hy julle beveel het om te doen, dit is, die tien opdragte en dit op twee kliptafels geskryf.
14 יהוה het my in daardie tyd beveel om vir julle reëls en wette te leer sodat julle dit kan doen in die land waarin julle oortrek, om dit te besit.
15 Pas jouself versigtig op, want julle het géén vorm gesien op die dag dat יהוה by Horev vanuit die vuur met julle gepraat het nie
16 sodat julle nie korrup optree en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enige afbeelding, man of vrou,