14 יהוה het my in daardie tyd beveel om vir julle reëls en wette te leer sodat julle dit kan doen in die land waarin julle oortrek, om dit te besit.
15 Pas jouself versigtig op, want julle het géén vorm gesien op die dag dat יהוה by Horev vanuit die vuur met julle gepraat het nie
16 sodat julle nie korrup optree en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enige afbeelding, man of vrou,
17 die afbeelding van enige dier op die aarde, of die afbeelding van enige voël wat in die lug vlieg,
18 ’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is, nie
19 en pas op dat jy nie jou oë na die hemele opslaan en as jy die son, die maan, die sterre en die hele leër van die hemel sien, jy nie weggedryf word en voor hulle neerbuig en hulle dien nie, dinge wat יהוה, jou God, aan al die mense onder die ganse hemele toegedeel het.
20 יהוה het julle gevat en julle uitgehaal uit die yster-smeltoond, uit Mitzrayim, om ’n volk te wees, as Sy eie besitting, soos dit vandag is.