24 want יהוה, jou God, is ’n verterende vuur,
25 Wanneer jy die vader word van kinders en kleinkinders en julle lank in die land bly en korrup optree en julle ’n afgod maak in die vorm van enigiets en enige iets gedoen het wat boos is in die oë van יהוה, jou God, om Hom kwaad te maak,
26 dan roep ek die hemele en die aarde vandag as getuies teen julle dat julle sekerlik gou vernietig sal word uit die land, waarheen julle oor die Yarden trek, om dit in besit te neem. Julle sal nie lank daarop lewe nie, maar sal vernietig word tot uitwissing.
27 יהוה sal julle onder die volke verstrooi en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen יהוה julle sal uitdryf
28 en daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip, wat nie sien, hoor, eet of ruik nie.Yir 29:13; 1 Kro 28:9
29 Van daar af sal jy יהוה, jou God, soek en jy sal Hom vind as jy Hom met jou hele wil, emosie en verstand en jou hele gees en lewe soek.
30 Wanneer jy in nood is en al hierdie dinge oor jou kom, sal jy aan die einde van die dae na יהוה, jou God, terugkeer en na Sy stem luister,Deut 31:6; Heb 13:5 jou nie vernietig nie en Hy sal die verbond met jou vaders, wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.