27 יהוה sal julle onder die volke verstrooi en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen יהוה julle sal uitdryf
28 en daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip, wat nie sien, hoor, eet of ruik nie.Yir 29:13; 1 Kro 28:9
29 Van daar af sal jy יהוה, jou God, soek en jy sal Hom vind as jy Hom met jou hele wil, emosie en verstand en jou hele gees en lewe soek.
30 Wanneer jy in nood is en al hierdie dinge oor jou kom, sal jy aan die einde van die dae na יהוה, jou God, terugkeer en na Sy stem luister,Deut 31:6; Heb 13:5 jou nie vernietig nie en Hy sal die verbond met jou vaders, wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.
31 want יהוה, jou God, is ’n Magtige God wat omgee; Hy sal jou nie in die steek laat,
32 Inderdaad, doen nou navraag oor die vroeëre dae wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het en vra van die een einde van die hemele tot by die ander, of iets so groots gebeur het of iets soortgelyks gehoor is.
33 Het enige volk ooit die stem van God vanuit vuur hoor praat, soos jy gehoor het en bly lewe?