32 Inderdaad, doen nou navraag oor die vroeëre dae wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het en vra van die een einde van die hemele tot by die ander, of iets so groots gebeur het of iets soortgelyks gehoor is.
33 Het enige volk ooit die stem van God vanuit vuur hoor praat, soos jy gehoor het en bly lewe?
34 Of het ’n god ooit probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan vat deur toetsinge, tekens, wonders, deur oorlog, deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot verskrikkinge, soos wat יהוה, julle God, vir julle, voor julle oë, in Mitzrayim gedoen het?
35 Dit is vir jou gewys sodat jy kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander buiten Hom nie.
36 Uit die hemele het Hy jou Sy stem laat hoor om jou te onderrig en op die aarde het Hy jou Sy groot vuur laat sien en jy het Sy boodskappe vanuit die vuur gehoor
37 en omdat Hy julle vaders liefgehad het, het Hy hulle saad na hulle gekies en Hy Persoonlik het julle met Sy magtige krag uit Mitzrayim uitgebring,
38 om nasies groter en magtiger as jyself voor jou uit te verdryf, jou in te bring en hulle land aan jou as erfenis te gee, soos dit vandag is.