37 en omdat Hy julle vaders liefgehad het, het Hy hulle saad na hulle gekies en Hy Persoonlik het julle met Sy magtige krag uit Mitzrayim uitgebring,
38 om nasies groter en magtiger as jyself voor jou uit te verdryf, jou in te bring en hulle land aan jou as erfenis te gee, soos dit vandag is.
39 Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
40 Jy sal daarom Sy reëls en Sy wette hou, wat ek jou vandag beveel sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan en dat jy lank mag leef in die land wat יהוה, jou God, vir jou gee, vir alle tye.”
41 Toe het Moshe drie stede afgesonder aan die oostekant van die Yarden
42 sodat hy wat manslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het terwyl hy in vroeëre tye nie teenoor hom vyandig was nie sodat hy na een van hierdie stede kan vlug en bly lewe.
43 Betzer, in die wildernis, op die plato, vir die Re’uveniete; Ramot in Gil’ad vir die Gadiete en Golan in Bashan vir die M’nashiete.