39 Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
40 Jy sal daarom Sy reëls en Sy wette hou, wat ek jou vandag beveel sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan en dat jy lank mag leef in die land wat יהוה, jou God, vir jou gee, vir alle tye.”
41 Toe het Moshe drie stede afgesonder aan die oostekant van die Yarden
42 sodat hy wat manslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het terwyl hy in vroeëre tye nie teenoor hom vyandig was nie sodat hy na een van hierdie stede kan vlug en bly lewe.
43 Betzer, in die wildernis, op die plato, vir die Re’uveniete; Ramot in Gil’ad vir die Gadiete en Golan in Bashan vir die M’nashiete.
44 Nou hierdie is die wet wat Moshe voor die seuns van Yisra’el gehou het.
45 Hierdie is die getuienisse, die reëls en die wette wat Moshe vir die seuns van Yisra’el meegedeel het na hulle uittog uit Mitzrayim,