9 Jy mag jou nie voor hulle neerbuig of hulle dien nie, want Ek, יהוה, jou God, is ’n jaloerse, Magtige God wat die oortredinge van die vaders die kinders laat beïnvloed tot by die derde en die vierde geslag van dié wat My haat,
10 maar wat liefdevol omgee vir duisende; dié wat My liefhet en My opdragte uitvoer.
11 Jy mag die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה, jou God, nie valslik gebruik nie, want יהוה sal die een wat Sy Naam valslik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
12 Onderhou die Shabbatdag, deur dit af te sonder soos יהוה, jou God, jou beveel het.
13 Ses dae moet jy werk en al jou besigheid doen,
14 maar die sewende dag is ’n Shabbat van יהוה, jou God; dan mag jy géén besigheid doen nie; nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou donkie of enige van jou beeste, of die besoeker wat by jou bly nie sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus saam met jou.
15 Onthou dat jy in die land van Mitzrayim ’n slaaf was en dat יהוה, jou God, jou daarvandaan uitgelei het deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm; daarom het יהוה, jou God, jou beveel om die Shabbatdag te hou.Mar 7:10; Efe 6:1-3