14 Julle mag nie agter ander gode aan gaan; enige van die gode van die volke wat rondom julle is nie
15 sodat die woede van יהוה, julle God, nie teen julle brand en Hy julle van die aarde af vee nie, want יהוה, julle God, is ’n jaloerse, Magtige God tussen julle.Mat 4:7; Luk 4:12 soos julle Hom by Massah getoets het nie.
16 Julle mag יהוה, julle God, nie toets
17 Julle moet die opdragte van יהוה, julle God, Sy getuienisse en Sy reëls wat Hy julle beveel het, ywerig onderhou.
18 Jy moet doen wat reg en goed is in die oë van יהוה sodat dit met jou goed mag gaan en jy kan ingaan en die goeie land kan besit wat יהוה aan jou vaders met ’n eed beloof het,
19 deur al jou vyande voor jou uit te dryf; soos יהוה gesê het.
20 Wanneer jou seun jou in die toekoms vra en sê: ‘Wat beteken die getuienisse, die reëls en die wette wat יהוה, ons God, julle beveel het?’,