20 Wanneer jou seun jou in die toekoms vra en sê: ‘Wat beteken die getuienisse, die reëls en die wette wat יהוה, ons God, julle beveel het?’,
21 dan moet jy aan jou seun sê: ‘Ons was slawe van Farao in Mitzrayim en יהוה het ons deur ’n magtige hand uit Mitzrayim uitgebring.
22 יהוה het groot en ontstellende tekens en wonders voor ons oë, in Mitzrayim, aan Farao en sy hele huis gedoen.
23 Hy het ons daarvandaan uitgelei om ons in te bring, om aan ons die land te gee wat Hy aan ons vaders met ’n eed beloof het.
24 יהוה het ons dus beveel om al hierdie reëls na te kom, om יהוה, ons God, respekvol te vrees sodat dit met ons altyd goed mag gaan, vir ons oorlewing, soos dit vandag is.
25 Dit sal onpartydige opregtheid vir ons wees, as ons versigtig is om al hierdie opdragte te hou voor die Teenwoordigheid van יהוה, ons God, net soos Hy ons beveel het.Hand 13:19