22 Wéér by Tav’erah, by Massah en by Kivrot-HaTa’avah het julle יהוה uitgetart tot woede.
23 Toe יהוה julle uit Kadesh-Barnea gestuur het met die woorde: ‘Trek op en neem die land in besit, wat Ek vir julle gegee het,’ het julle rebelleer teen die opdrag van יהוה, julle God en het julle Hom ook nie vertrou of ook nie na Sy stem geluister en dit gedoen nie.
24 Julle was rebels teen יהוה van die dag af dat ek julle ken.
25 Dus het ek met my gesig op die grond neergeval voor die Teenwoordigheid van יהוה, vir veertig dae en veertig nagte omdat יהוה gesê het dat Hy julle wou uitwis.
26 Ek het daarom tot יהוה gebid en gesê: ‘O Meester, יהוה, moenie U volk, U erfenis wat U deur U grootheid losgekoop het, wat U uit Mitzrayim uitgelei het, deur ’n magtige hand, vernietig nie.
27 Onthou U diensknegte, Avraham, Yitz’gak en Ya’akov; kyk nie na die hardkoppigheid van hierdie volk of na hulle boosheid of hulle sonde nie
28 sodat die land waaruit U ons gelei het, nie kan sê: ‘Omdat יהוה nie in staat was om hulle in die land wat Hy hulle beloof het in te bring nie en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die wildernis dood te maak,’ nie.