1 Op my bed snags het ek gesoek na die een wat my lewe liefhet; ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
2 Ek sal nou opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine sal ek hom soek wat my lewe liefhet; ek het hom gesoek, maar ek het hom nie gevind nie.
3 Die wagte wat in die stad rondgaan, het my gekry; ek het vir hulle gevra: “Het julle hom wat my lewe liefhet gesien?”
4 Skaars het ek by hulle verbygegaan, of ek het hom wat my lewe liefhet gevind; ek het hom vasgehou en wou hom nie los voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat geboorte aan my gegee het nie.
5 Ek smeek julle, dogters van Yerushalayim, by die gaselle of by die jong bokke van die veld om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat die liefde wil nie.
6 Wie is dit wat opkom uit die wildernis soos rookpilare, gegeurd met mirre en wierook, saamgestel uit allerhande gepoeierde soet speserye?
7 Let op, die draagstoel van Shlomo is omring deur sestig magtige manne van die helde van Yisra’el,