29 het hulle broers en hul naaste versterk en ’n eed gesweer en ’n verbond aangegaan om in God se wet te leef, wat Hy deur Moshe, die dienskneg van God, gegee het en om al die opdragte van יהוה, ons Meester en Sy oordele en instellings te bewaar en te doen;Gen 24:37-38,44; Deut 7:3
30 dat ons nie ons dogters aan die mense van die land sou gee nie en ook nie hulle dogters vir ons seuns vat nie;
31 as die volke van die land koopware of voorsiening bring om op die Shabbatdag te verkoop, sal ons dit nie van hulle koop nie en wie ook al sy dier op die Shabbat sal laat werk, sal nie gehuur word nie; ook mag hy nie ’n vrag op die Shabbatdag dra nie, want dit is afgesonderd en in die sewende jaar sal ons alle skuld wat aan ons verskuldig is afskryf.
32 Ons bevestig ook oor onsself die opdrag, om ’n derde van ’n sikkel op die Shabbat te gee vir die werk van die huis van ons God,
33 vir die brode van die Teenwoordigheid, die voortdurende graanoffer en die voortdurende brandoffers van die Shabbatte, van die Nuwemane, die feeste en vir die afgesonderde dinge en vir die sondoffers om vir Yisra’el toedekking te doen en vir al die werk in die huis van ons God
34 en hulle het die lot gewerp tussen die priesters, die Leviete en die volk vir die lewering van hout, om dit in die huis van יהוה, ons God, te bring, soos dit in die boek van die wet geskryf is;
35 om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van al die vrugtebome jaar na jaar na die huis van יהוה te bring;