Negemyah 5 PWL

1 Toe was daar ’n groot uitroep van die volk en van hulle vroue teen hulle broers, die Y’hudahiete,

2 want daar was sommige wat gesê het: “Ons seuns, ons dogters en ons broers is baie; laat ons daarom koring koop sodat ons kan eet en lewe!”

3 Daar was ook hulle wat gesê het: “Ons gaan ons lande, ons wingerde en ons huise verpand sodat ons graan kan koop tydens die hongersnood sodat ons kan lewe!”

4 Daar was hulle wat gesê het: “Laat ons geld leen van die koning se belasting en ons wingerde en ons lande bewerk sodat ons kan lewe.”

5 Daar was ook hulle wat gesê het: “Ons vlees is soos die vlees van ons broers en ons kinders is soos hulle kinders en let op, ons dwing ons seuns en ons dogters om slawe te wees en sommige van ons dogters is reeds slavinne en tog lig hulle nie hul hande in protes voor God nie en ons lande, ons wingerde en ons besittings word vir ander mense gegee.”

6 Ek het uitermate sleg gevoel toe ek hulle uitroep en hierdie woorde gehoor het en my binneste was gebroke,

7 maar ek was geduldig en het met die edeles en die leiers beraadslaag en vir hulle gesê:

8 “Ons koop ons broers van Y’hudah vry wat aan die nasies verkoop was, beide hulle en hulle kinders en sal julle selfs ’n man vat as waarborg vir sy broer?” Ek het daarom op hulle geskree en vir hulle gesê: “Sal julle ook julle broers verkoop?” Toe was hulle stil en het my nie geantwoord nie.

9 Ek het ook vir hulle gesê: “Dit wat julle doen is nie goed nie, want nou leef julle nie in die respekvolle vrees van ons God nie, want julle tree op soos die nasies wat rondom ons is.

10 Ekself, my seuns en my broers sal geld vat en koring koop en die skuld verlig van die armes wat onder ons is.

11 Herstel aan hulle, vandag nog, hulle lande, hulle wingerde, hulle olyfboom plantasies en hulle huise en skeld ook vry die geld, die koring, die wyn en die olie skuld aan die res van die mense.”

12 Toe het hulle vir my gesê: “Ons sal doen wat jy sê.” Toe het ek die priesters geroep en vir hulle gesê: “Hierdie is die regte ding om te doen” en ek het hulle ’n eed laat neem om volgens hierdie belofte te handel. Ek het dit ook met die seuns van die gewone mense gedoen.

13 Ons het ook ons binnesakke uitgeskud en gesê: “Mag God elke man so uitskud uit sy huis en uit sy werk, wat nie hierdie belofte uitvoer nie, net so sal hy uitgeskud en leeg gemaak word.” Al die mense het gesê: “Dit is waar!” Toe het al die mense opgestaan en יהוה geprys en die hele volk het volgens die belofte gehandel.

14 Meer nog, vanaf die tyd wat ek aangestel is om goewerneur te wees in die land van Y’hudah, vanaf die twintigste jaar tot die twee en dertigste jaar van koning Artag’shashta, twaalf jaar lank, was ek en my broers leiers oor hulle, maar ek het nooit selfs ’n donkie afgedwing van enige een van hulle of hulle lastig geval nie,

15 maar die vorige goewerneurs, wat voor my was, het die volk slawe gemaak en van hulle brood en wyn geneem, behalwe vir die veertig sikkels silwer. Hulle diensknegte het ook geheers oor die volk wat onderworpe was aan en onderdruk is deur hulle, maar ek het dit nie gedoen nie, as gevolg van die respekvolle vrees vir God.

16 Ek was ook grootliks besig met die werk aan hierdie muur, het geen grond aangeskaf nie en al my diensknegte was daar bymekaar om toesig te hou oor die werk.

17 Meer nog, daar was ’n honderd en vyftig edeles en heersers aan my tafel, behalwe hulle wat na ons gekom het van die nasies wat rondom ons is.

18 Die man wat die kos voorberei het, het dit elke dag vir die diensknegte wat kook gebring: een bees, ses vet skape; jaaroue bokke is ook vir ons voorberei en een uit elke tien dae, wyn in oorvloed. Tog het ek nie hiervoor die voorsiening gevra wat die goewerneur toekom nie, want die werk was swaar op hierdie mense.

19 O my God, onthou my ten goede, vir alles wat ek vir hierdie volk gedoen het!

hoofstukke

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13