39 <.12:39 en van bokant die Efraimspoort, sover as die Oupoort tot die Vispoort en vanaf die toring van Hanan’el tot by die groot toring, selfs tot by die Skaapspoort en bly staan by die Groot-poort.
40 Toe het die twee groepe wat dank gegee het, die huis van God ingegaan, saam met my en die helfte van die leiers saam met my,
41 saam met die priesters: Elyakim, Ma’aseiyah, Minyamin, Mikhayah, Elyo’einai, Z’kharyah en Hananyah;
42 en hulle met trompette: Ma’aseiyah, Sh’ma’yah, El’azar, `Uzi, Y’hoganan, Malkiyah, `Eilam en `Ezer, met die sangers, Shamua en Yizragyah, die leier.
43 Hulle het ook op daardie dag groot offers gebring en hulle verheug, want יהוה het hulle laat bly wees met groot vreugde; ook die vroue en kinders het hulle verbly sodat die vreugde van Yerushalayim selfs ver weg gehoor kon word.
44 Op dié dag is sekere manne aangestel oor die kamers van die koning se stoorkamers, om die offergawes, die eerstelinge en die tiendes van die dorpe daarin bymekaar te maak, soos dit geskryf is in die boek van die wet, vir die priesters en die Leviete omdat die Y’hudahiete hulle verheug het omdat die priesters en die Leviete opgestaan en gewaak het in die huis van hulle God.
45 Hulle wat in beheer was van die reinigings seremonie, die sangers en die poortwagters, het gedien volgens die opdrag van Dawid en sy seun, Shlomo,