11 Ek het in Yerushalayim gekom en was drie dae daar
12 en ek en die manne wat saam met my gekom het, het opgestaan in die nag en ek het niemand vertel wat my God in my verstand, wil en emosie gegee het om in Yerushalayim te doen nie en daar was ook geen dier by my nie, behalwe die dier waarop ek gery het.
13 Ek het in die nag by die Valleipoort uitgegaan in die rigting van die Draakfontein en na die Mispoort toe en ek het na die mure van Yerushalayim gekyk wat afgebreek is en sy poorte wat deur vuur verbrand is.
14 Toe het ek verder gegaan na die Valleipoort en na die Koning se poel, maar daar was geen plek vir die dier wat ek gery het om verby te gaan nie.
15 Toe het ek in die nag in die vallei opgegaan en na die muur gekyk en teruggedraai en ingegaan deur die Valleipoort en so teruggegaan.
16 Die outoriteite het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie en ek het dit ook nog nie vir die Y’hudahiete, of die priesters, of die goewerneurs, of die skrywers en die ander wat die werk moes doen, vertel nie.
17 Toe het ek vir hulle gesê: “Julle sien die benoudheid waarin ons is, want let op, Yerushalayim lê verwoes en sy poorte is met vuur verbrand; kom, laat ons die muur van Yerushalayim bou sodat ons nie langer ’n bespotting sal wees nie.”