15 Toe het ek in die nag in die vallei opgegaan en na die muur gekyk en teruggedraai en ingegaan deur die Valleipoort en so teruggegaan.
16 Die outoriteite het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie en ek het dit ook nog nie vir die Y’hudahiete, of die priesters, of die goewerneurs, of die skrywers en die ander wat die werk moes doen, vertel nie.
17 Toe het ek vir hulle gesê: “Julle sien die benoudheid waarin ons is, want let op, Yerushalayim lê verwoes en sy poorte is met vuur verbrand; kom, laat ons die muur van Yerushalayim bou sodat ons nie langer ’n bespotting sal wees nie.”
18 Toe het ek hulle vertel van die hand van my God wat goed was oor my en ook van die woorde van die koning wat hy vir my gesê het. Hulle het gesê: “Laat ons opstaan en bou!” Hulle het hul hande versterk vir hierdie goeie werk,
19 maar toe Sanvallat, die Horoniet en Toviyah, die `Ammonitiese kneg en Geshem, die Arabier, dit hoor, het hulle uit spot vir ons gelag en spottend gesê: “Wat is hierdie ding wat julle doen? Miskien rebelleer julle teen die koning?”
20 Toe het ek hulle geantwoord en gesê: “Die God van die hemele, Hy gee aan ons voorspoed en daarom werk ons, staan ons vas en bou, maar julle het geen deel, geen reg en geen herinnering in Yerushalayim nie.”