13 Die Valleipoort is deur Hanun en die inwoners van Zanoag reggemaak; hulle het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook ’n duisend el van die muur tot by die Mispoort.
14 Die Mispoort is deur Malkiyah, die seun van Regav, heerser van Beit-Hakkerem, reggemaak; hy het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
15 Die Fonteinpoort is deur Shallum, die seun van Kol-Hozeh, heerser van Mitzpah, reggemaak; hy het dit gebou en dit bedek en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook die muur van die poel van Shelag, by die koning se tuin, tot by die trappe wat afloop vanaf die stad van Dawid.
16 Ná hom het Negemyah, die seun van Azbuk, heerser van Beit-Tzur, reggemaak tot by die pad wat na die graf van Dawid gaan en tot by die poel wat gemaak is en tot by die huis van die magtiges.
17 Ná hom het die Leviet, Regum, die seun van Bani, reggemaak en langs hom die heerser van Ke’ilah tot by Hashavyah.
18 Ná hom het hulle broers, Bawai, die seun van Henadad, goewerneur van Ke’ilah, reggemaak.
19 Langs hom het `Ezer, die seun van Yeshua, die heerser van Mitzpah, nog ’n seksie reggemaak teen die afgaan na die wapenhuis, by die draai van die muur.