9 Langs hulle het Yirmeyahu, die seun van Hur, goewerneur van Yerushalayim reggemaak.
10 Langs hulle het Y’da’yah, die seun van Harumaf en die heerser van sy huis reggemaak en langs hom het Hattush, die seun van Hashavn’yah, reggemaak.
11 Malkiyah, die seun van Harim en Hashuv, die seun van Pagat-Mo’av, het die ander seksie reggemaak en die toring wat oor was.
12 Langs hom het Shallum, die seun van HaLogesh, die heerser van Yerushalayim, reggemaak, hy en sy seuns.
13 Die Valleipoort is deur Hanun en die inwoners van Zanoag reggemaak; hulle het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook ’n duisend el van die muur tot by die Mispoort.
14 Die Mispoort is deur Malkiyah, die seun van Regav, heerser van Beit-Hakkerem, reggemaak; hy het dit gebou en sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit.
15 Die Fonteinpoort is deur Shallum, die seun van Kol-Hozeh, heerser van Mitzpah, reggemaak; hy het dit gebou en dit bedek en hy het sy deure, sy sluitbalke en sy grendels ingesit, asook die muur van die poel van Shelag, by die koning se tuin, tot by die trappe wat afloop vanaf die stad van Dawid.