1 Toe Sanvallat hoor dat ons die muur bou, het hy bedroef en kwaad geword en hy het met die Y’hudahiete gespot
2 en hy het voor sy broers en die leër van Shomron gepraat en gesê: “Wat maak hierdie Y’hudahiete? Hulle praat groot. Laat hulle offer en eet op die dag dat hulle hierdie klippe oplig uit die puinhope wat verbrand is.”
3 Toviyah, die `Ammoniet, het by hom gestaan en gesê: “Maak nie saak hoeveel hulle bou nie, ek weet, as ’n jakkals daarteen opklim, sal hy hulle klipmuur afbreek!”
4 Luister, ons God, want ons het ’n bespotting geword en draai hulle veragting op hulle eie kop terug en gee hulle as ’n prooi in die land van hulle gevangeskap.
5 Vergewe nie hulle oortredinge nie en vee nie hulle sonde voor U uit nie, want hulle het U geterg tot woede en het ons bouery teëgestaan,
6 maar wat ons betref, ons sal voortgaan om die muur te bou en die mense is besig om dit te bou en die muur is halfpad voltooi, want die mense is gewillig om te werk.