15 Dit het gebeur dat toe ons vyande hoor dat dit aan ons bekend geword het en God hulle plan verydel het, het ons almal teruggegaan na die muur, elkeen na sy werk.
16 Van dié dag af aan was die helfte van my diensknegte en die helfte van die mense besig met die werk en die ander helfte van hulle het die spiese, die skilde, die boë en die pantsers vasgehou en die owerstes het agter die Y’hudahiete gestaan.
17 Hulle wat laste gedra en gelaai het, het elkeen met een hand aan die werk en met die ander hand ’n wapen vasgehou
18 en die bouers het elkeen sy swaard aan sy heupe vasgegord en gebou terwyl die ramshoringblaser agter hom gestaan het.
19 Ek het aan die edeles, die leiers en die ander mense gesê: “Die werk is groot en uitgestrek en ons is verspreid op die muur, ’n afstand van mekaar af.
20 Op watter plek julle die geluid van die ramshoring hoor, daar moet julle na ons toe kom; ons God sal vir ons veg,
21 maar wat ons betref, laat ons voortgaan in ons werk en laat die helfte van ons die spiese vashou vanaf die opkoms van die son totdat die sterre verskyn.”