7 Jy het ook profete aangestel om oor jou in Yerushalayim te profeteer en te sê: ‘Let op, daar is ’n koning in Y’hudah!’ Nou sal dit aan die koning rapporteer word volgens hierdie woorde. Kom nou en laat ons saam beraadslaag!”
8 Toe het ek vir hom gestuur en gesê: “Daar is geen waarheid in die woorde wat jy praat nie; jy praat hulle uit jou eie verstand, wil en emosie,”
9 want hulle almal wou ons bang maak en het gesê: “Hulle hande sal swak word van die werk.” Hulle sê ook vir ons: “Moenie die werk doen nie.” O God, versterk daarom nou my hande!
10 Toe het ek in die huis van Sh’ma’yah, die seun van D’layah, die seun van M’heitav’el gegaan, wat my van werk verhinder het en hy sê vir my: “Laat ons ontmoet in die huis van God, binne-in die tempel en laat ons die deure van die tempel toesluit, want hulle kom om u dood te maak, ja, hulle kom in die nag om u dood te maak.”
11 Ek het gesê: “Sal ek, na mense soos jy, vlug? Dit is verwerplik dat ek sou vlug en in die tempel ingaan.”
12 Let op, ek het gesien dat God hom nie teen my gestuur het nie en dit is ook nie aan my deur ’n profeet gesê dat hy my sal doodmaak nie, want Toviyah, Sanvallat en hulle vriende het hom gehuur en gestuur om my dood te maak.
13 Daarvoor is hy gehuur, dat ek bang sou word, só doen en sondig sodat ek vir hulle ’n bose verslag kon word sodat hulle my kan spot.