65 Die leiers van Yisra’el het vir hulle gesê dat hulle nie mag eet van die mees afgesonderde dinge nie totdat ’n hoofpriester sou opstaan en navraag doen met urim en tummim.
66 Die hele vergadering saam was twee en veertig duisend vier honderd en sewentig,
67 behalwe hulle slawe en hulle slavinne, waarvan daar sewe duisend drie honderd drie en dertig was en hulle wat met sang bedien het, twee honderd vyf en veertig sangers en sangeresse.
68 Hulle kamele was vier honderd vyf en dertig;
69 hulle donkies, ses duisend sewe honderd en twintig.
70 Sommige van die hoofde van die vaders het vir die werk van die tempel gegee. Die oudstes onder die priesters het aan die skathuis een duisend dragmas goud (±10kg), vyftig bakke en vyf honderd en dertig stelle klere vir die priesters, gegee.
71 Sommige van die hoofde van die vaders het aan die skathuis vir die werk twintig duisend dragmas goud (±195kg) en een duisend een honderd mine silwer (±500kg) gegee.