70 Sommige van die hoofde van die vaders het vir die werk van die tempel gegee. Die oudstes onder die priesters het aan die skathuis een duisend dragmas goud (±10kg), vyftig bakke en vyf honderd en dertig stelle klere vir die priesters, gegee.
71 Sommige van die hoofde van die vaders het aan die skathuis vir die werk twintig duisend dragmas goud (±195kg) en een duisend een honderd mine silwer (±500kg) gegee.
72 Dit wat die res van die mense gegee het was twintig duisend dragmas goud (±195kg), twee duisend mine silwer (±900kg) en sewe en sestig stelle klere vir die priesters.
73 So het die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers en sommige van die volk, die tempelknegte en die hele Yisra’el na hulle eie stede teruggekeer en toe die sewende maand (Tishri) aanbreek, was die hele Yisra’el in hulle stede.