1 Toe het die hele volk soos een man in die strate voor die Waterpoort bymekaargekom en vir `Ezra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moshe, wat יהוה vir Yisra’el beveel het, te bring.
2 `Ezra, die priester, het die boek van die wet voor die vergadering van manne, sowel as vroue en almal wat met begrip kon luister, gebring op die eerste dag van die sewende maand (Tishri).
3 Hy het die boek gelees in die straat wat voor die Waterpoort was, vanaf die oggend tot die middag, in die teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan en die ore van die volk was op die wetboek gerig.
4 `Ezra, die skrifgeleerde, het op ’n houtplatform gestaan wat hulle gemaak het vir hom om vanaf te praat. Langs hom het Mattityah, Shema, `Anayah, Uriyah, Hilkiyah en Ma’aseiyah aan sy regterhand gestaan en aan sy linkerhand was P’dayah, Misha’el, Malkiyah, Hashum, Hashbaddanah, Z’kharyah en Meshullam.