13 Op die tweede dag het die hoofde van die vaders van die hele volk, die priesters en die Leviete by `Ezra, die skrifgeleerde, bymekaargekom om van hom die woorde van die wet te verstaan
14 en hulle het in die wet wat יהוה deur Moshe beveel het, geskryf gevind dat die seuns van Yisra’el op die fees in die sewende maand (Tishri) in hutte moet blyLev 23:40
15 en dat hulle alles moes hoor, luister en doen wat Moshe in die boek van die wet geskryf het. Die boodskappers het in al die stede en in Yerushalayim verkondig en gesê: “Gaan op in die berge en bring olyftakke, okkerneuthouttakke, palmtakke, takke van sitroenbome en wilgertakke en maak hutte soos geskrywe is in die boek van die wet van Moshe.
16 Die volk het gegaan en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en op die grond van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die straat van die Efraimspoort.
17 Al die mense wat uit die gevangeskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gebly, want vanaf die dae van Yeshua, die seun van Nun, tot op daardie dag het die seuns van Yisra’el dit nie gedoen nie en daar was baie groot blydskap.
18 Hulle het ook dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, gelees uit die boek van die wet van יהוה en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag was ’n ernstige byeenkoms, volgens wat geskryf is.