2 `Ezra, die priester, het die boek van die wet voor die vergadering van manne, sowel as vroue en almal wat met begrip kon luister, gebring op die eerste dag van die sewende maand (Tishri).
3 Hy het die boek gelees in die straat wat voor die Waterpoort was, vanaf die oggend tot die middag, in die teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan en die ore van die volk was op die wetboek gerig.
4 `Ezra, die skrifgeleerde, het op ’n houtplatform gestaan wat hulle gemaak het vir hom om vanaf te praat. Langs hom het Mattityah, Shema, `Anayah, Uriyah, Hilkiyah en Ma’aseiyah aan sy regterhand gestaan en aan sy linkerhand was P’dayah, Misha’el, Malkiyah, Hashum, Hashbaddanah, Z’kharyah en Meshullam.
5 `Ezra het die boek van die wet oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.
6 `Ezra het יהוה, die groot God, geseën en die hele volk het geantwoord: “Dit is waar, dit is waar” en hulle hande opgelig. Hulle het neergebuig en יהוה aanbid met hul gesigte op die grond.
7 Yeshua, Bani, Sherevyah, Yamin, `Akkuv, Shabtai, Hodiyah, Ma’aseiyah, K’lita, `Azaryah, Yozavad, Hanan, P’layah en die Leviete het ook die volk bedien en die wet verduidelik en die volk het op hulle plek bly staan.
8 Hulle het duidelik uit die boek van die wet van God gelees en die betekenis gegee sodat hulle verstaan het wat gelees is.