20 U het U goeie Gees vir hulle gegee om hulle te onderrig en nie ‘man hu’ van hulle monde teruggehou nie en vir hulle water gegee vir hulle dors.
21 Ja, vir veertig jaar lank het U hulle onderhou in die wildernis en hulle het aan niks gebrek gehad nie. Hulle klere het nie verslyt nie en hulle skoene het geen gate in gehad nie.
22 Verder het U aan hulle die koninkryke van die ander nasies gegee en die land onder elke man verdeel. Hulle het die land van Sigon en die land van die koning van Heshbon, die land van Og, koning van Bashan, in besit geneem.
23 U het hulle kinders vermenigvuldig soos die sterre aan die hemel en U het hulle in die land ingebring waarvan U aan hulle vaders belowe het dat hulle sou ingaan om dit in besit te neem.
24 Hulle seuns het ingegaan en die land in besit geneem en U het die inwoners van die land van die Kena’aniete voor hulle verslaan en hulle in hul hand oorgegee met hulle konings sowel as die mense van die land, om met hulle te doen soos hulle wou.
25 Hulle het versterkte stede en ’n vrugbare land ingeneem, huise besit vol allerhande goeie dinge, uitgegroude putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in oorvloed. Hulle het geëet en is versadig en het ryk geword en hulle verheug in U groot goedheid.
26 Nogtans was hulle ongehoorsaam en het teen U oortree en U wet uit hulle raadgewings gegooi en U profete doodgemaak wat hulle gewaarsku het om na U terug te draai en hulle het groot boosheid gedoen;