17 Toe het Y’hudah saam met sy broer Shim’on gegaan en hulle het die Kena’aniete verslaan wat in Tz’fat gebly het en dit volkome vernietig; daarom is die stad Hormah genoem.
18 Y’hudah het `Azah met sy grondgebied, Ashkelon met sy grondgebied en `Ekron met sy grondgebied ingeneem.Y’ho 17:16
19 יהוה was by Y’hudah en hulle het die Bergland in besit geneem, maar hulle kon nie die inwoners van die vallei uitdryf nie omdat hulle ysterwaens gehad het.
20 Toe het hulle Hevron aan Kalev gegee, soos Moshe belowe het en hy het die drie seuns van `Anak daar uitgedryf,
21 maar die seuns van Binyamin het nie die Y’vusiete uitgedryf wat in Yerushalayim gebly het nie; die Y’vusiete het saam met die seuns van Binyamin in Yerushalayim gebly tot vandag toe.
22 Net so het die huis van Yosef opgegaan teen Beit-El en יהוה was by hulle.
23 Die huis van Yosef het Beit-El verken (die naam van die stad was vroeër Luz).