19 יהוה was by Y’hudah en hulle het die Bergland in besit geneem, maar hulle kon nie die inwoners van die vallei uitdryf nie omdat hulle ysterwaens gehad het.
20 Toe het hulle Hevron aan Kalev gegee, soos Moshe belowe het en hy het die drie seuns van `Anak daar uitgedryf,
21 maar die seuns van Binyamin het nie die Y’vusiete uitgedryf wat in Yerushalayim gebly het nie; die Y’vusiete het saam met die seuns van Binyamin in Yerushalayim gebly tot vandag toe.
22 Net so het die huis van Yosef opgegaan teen Beit-El en יהוה was by hulle.
23 Die huis van Yosef het Beit-El verken (die naam van die stad was vroeër Luz).
24 Die spioene het ’n man uit die stad sien uitkom en hulle sê vir hom: “Wys ons asseblief ’n ingang in die stad in en ons sal jou goed behandel.”
25 Hy wys hulle toe die ingang na die stad en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard, maar die man en sy hele familie het hulle vry laat gaan.