21 maar die seuns van Binyamin het nie die Y’vusiete uitgedryf wat in Yerushalayim gebly het nie; die Y’vusiete het saam met die seuns van Binyamin in Yerushalayim gebly tot vandag toe.
22 Net so het die huis van Yosef opgegaan teen Beit-El en יהוה was by hulle.
23 Die huis van Yosef het Beit-El verken (die naam van die stad was vroeër Luz).
24 Die spioene het ’n man uit die stad sien uitkom en hulle sê vir hom: “Wys ons asseblief ’n ingang in die stad in en ons sal jou goed behandel.”
25 Hy wys hulle toe die ingang na die stad en hulle het die stad verslaan met die skerpte van die swaard, maar die man en sy hele familie het hulle vry laat gaan.
26 Die man het na die land van die Hittiete gegaan en ’n stad gebou en dit Luz genoem, wat sy naam tot vandag toe is.
27 M’nasheh het egter nie besit geneem van Beit-Sh’an en sy dorpe, of Ta’anakh met sy dorpe, of die inwoners van Dor met sy dorpe, of die inwoners van Yivle’am met sy dorpe, of die inwoners van Megiddo met sy dorpe nie; die Kena’aniete het voortgegaan om in daardie land te bly.